Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 15 JANUARIE 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Let asseblief op: Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

In die nuus vandag:

VK-AMATEURS ONDERVIND VERTRAAGDE EGGO OP 80 METER

BEDERF JOUSELF MET ‘N 2012 HARDEBAND ARRL-HANDBOEK

AANSOEKE OM BEURSE VIR DIE MEI 2012 RAE INGEWAG

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

VK-AMATEURS ONDERVIND VERTRAAGDE EGGO OP 80 METER

Twee VK-amateurs het berig dat hulle sterk seine op hul 80 meter GG-seine in die aand van 1 Januarie gehoor het. Tony Roskilly,G3ZRJ, in Heresfordshire en Andrew Fairgrieve, GW3OQK, in Swansea was in QSO toe hulle ‘n ander sein onder hulle s’n gehoor het. Dit blyk toe ‘n eggo van hulle eie seine te wees.

Roskilly het gesê dat die eggo’s oorspronklik so sterk was dat hy probleme ondervind het om sy GG-sleuteling te monitor. Die vertraging in die eggo’s was van ‘n kwart tot ‘n half sekonde met ‘n eggo-sterkte van S9. Toetse deur Fairgrieve op 3 Januarie het dieselfde verskynsel om om-en-by 21:00 UTC voorgekom het, alhoewel swakker in seinsterkte.

Steve Nichols, G0KYA, is die voorsitter van die RSGB se Voortplantingstudiekomitee. Hy sê dat hierdie waarskynlik nie om-die-wêreld eggo’s is nie maar kan toegeskryf word aan magnetosferiese geuting waar seine die aarde se magnetiese veldlyne na die suidelike halfrond volg voordat dit teruggekaats word langs dieselfde geut. Nichols sê dit is raar en nie regtig verstaan nie.

Amateurs word aangemoedig om uit te kyk vir enige eggos op hulle 80 meter-band seine en bevindings aan G0KYA@qsl.net te rapporteer.

BEDERF JOUSELF MET ‘N 2012 HARDEBAND ARRL-HANDBOEK

Die SA Amateurradio Ontwikkelingstrust het ‘n voorraad van die 2012 ARRL-handboeke. Die uitgawe in hardeband kom teen ‘n spesiale prys van R600 plus R50 vir verpakking en posgeld. Die handboek is ten volle opdateer en sluit in: Nuwe toetsapparaat- en metingshoofstuk, nuwe projekte, insluitend hoë-krag RF-monsternemers, RF-stroommeter, en ‘n tweetoon oudio-ossillator vanaf die ARRL-laboratorium, opdateerde ElsieT-filter ontwerpprogrammatuur, uitgebreide inhoud op CD-ROM, insluitend ‘n bedryfsbylaag vir ruimtekommunikasie, digitale kommunikasie, beeld-kommunikasie en ‘n nuwe volledige behandeling van geraas. Meer inligting en ’n bestelvorms is beskikbaar vanaf www.amateurradio.org.za.

AANSOEKE OM BEURSE VIR DIE MEI 2012 RAE INGEWAG

Indien jy onder 26 jaar oud is en van plan is om die Mei 2012 Radioamateureksamen in klas A af te lê, word jy uitgenooi om aansoek te doen vir ‘n beurs van die SA Amateurradioontwikkelingstrust. Die beurs het ‘n waarde van R1 000,00 en sal vir die eksamenfooi, jou eerste jaar se lisensie, studentelidmaatskap van die SARL en onderrigfooie betaal.

Besonderhede kan vanaf www.amateurradio.org.za verkry word.

HOE OM LANGAFSTAND BHF-KONTAKTE TYDENS DIE PEARS-KOMPETISIE TE MAAK

Die Pears Nasionale BHF/UHF-kompetisie begin op Vrydag 20 Januarie en eindig op Sondag 22 Januarie 2012 en is opgedeel in twee sessies. Vir volle besonderhede en reëls raadpleeg die nuutste Blouboek. Let asseblief op dat in die PEARS-kompetisie ESB en GG dieselfde kompetisiefrekwensies deel. Dit is ‘n wonderlike geleentheid om lang afstande te werk, veral op 50 en 144 MHz met baie BHF-amateurs op frekwensie van ander afdelings. Hier is ‘n paar aanwysings:

1. Maak gereelde kort QSO-roepe op die kompetisiefrekwensies van 50,200 MHz HSB en/of 144,200 HSB en luister versigtig vir swak langafstandseine. Wanneer die frekwensie beset is roep vyf tot tien kHz hoër in frekwensie. Moet nie geselsies op hierdie langafstandfrekwensies hou nie.
2. Indien die ESB-seinebaie swak of onverstaanbaarbaar is, roep op GG, wat ‘n tweerigting kontak kan word. ‘n GG-sein is leesbaar op hoër syband as dit omtrent een kilohertz hoër in frekwensie uitgesaai word.
3. Dit is belangrik om te weet in watter rigting jy jou antenna moet rig. Dit word aanbeveel om op die uur of op die halfuur uit te saai en te luister in ‘n noordelike/suidelike rigting en op die halfuur of op die uur die antenna in ‘n oostelike/westelike rigting te rig. Op hierdie manier kan baie langafstandkontakte gemaak word.
4. Hou die BHF-bakens dop vir bandopeninge, soos bv. ZS2X op 50,006 MHz, V51VHF op 50,300 MHz, ZS6JON op 50,050 MHz en ZS6TWB op 50,040 MHz.

Al stel jy nie in kompetisies belang nie, kom op die lug en werk ‘n paar langafstand BHF-stasies vir die pret, en gee die BHF-deelnemers ‘n paar punte. Voorspoed in die kompetisie en geniet die uitdaging.

NOMINASIES VIR SARL-TOEKENNINGS

Lede en klubs word weereens uitgenooi om nominasies aan die Raad van die SARL in te dien vir die volgende SARL-toekennings:

Lewenslange erelidmaatskap – dit is die SARL se hoogste toekenning.

Willie Wilson goue wapen.
Vir die amateur wat uitsonderlike en verdienstelike diens aan die Liga verleen het.

Jack Twine-toekenning
Ter erkenning van kwaliteite soos onselfsugtigheid, goeie radiobedryfsprosedures en ‘n egte belangstelling in amateurradio. Hierdie besondere toekenning word gegee aan amateurs, volgens die mening van hul mede-amateurs en die Raad, wat oor die kwaliteite besit wat in amateurradio nagestreef behoort te word.

Arthur Hemsley 2 metertoekenning
Aan ‘n radioamateur vir sy/haar individuele uitsendings op die 2 meter-frekwensie. Dié toekenning geld vir buitengewone prestasie op AMA- of ander modusse, soos troposferiese voortplanting. Die geld nie vir die langste afstand bereik nie, maar vir volgehoue deursettingsvermoë om iets besonders op 2 meter te bereik.

Barney Joel Trofee
Vir enige lid van die SARL vir die beste prestasie op HF deur ‘n mobiele stasie. Dié toekenning kan aan ‘n individu toegeken tydens ‘n tydren of ander openbare kommunikasiegeleentheid, ensovoorts.

Icom-toekenning vir uitnemendheid
Vir ‘n amateur wat deur sy/haar aktiwiteite internasionale erkenning vir amateurradio in Suid-Afrika besorg het deur langafstand BHF-/UHF-langafstandwerking, of deur diens aan die Republiek van Suid-Afrika op die veld van wetenskaplike navorsing in Amateurradiospektrum, of deur die bevordering van amateurradio internasionaal, of van tyd tot tyd deur die Raad bepaal.

Joseph White-skild
Vir enige lid van die SARL vir buitengewone prestasies In die 432 MHz-band deur die afgelope jaar. Dit word nie toegeken vir die langste afstand behaal nie, maar vir beste algehele prestasie.

Bert Buckley 6-metertrofee
Vir ‘n amateur vir sy/haar individuele prestasies in die 6-meterband. Hierdie trofee geld nie vir die langste afstand bereik nie, maar vir uitmuntende prestasies op die 6-meterband.

Nominasies kan per e-pos gestuur word aan secretary@sarl.org.za. Doen dit asb sonder verdere uitstel.

NASIONALE BHF/UHF/MIKROGOLF BEPLANNINGSVERGADERING TE NARS

Die SARL se nasionale VHF /BHF/Mikrogolf-bandbeplanner en ook die nasionale herhaler koördineerder roep ʼn vergadering saam vir 9:00, 21 Januarie 2012 by die NARS. Die hoof fokus sal wees rondom nuwe herhaler aansoeke, prosedures en ook oplossings vir huidige probleme. Formele terugvoer rondom onlangse VHF/BHF Mikrogolf band plan opdaterings sal ook deurgegee word. Intussen kan terugvoer en algemene navrae aan vubandplanning@sarl.org.za gestuur word. Spesifieke herhaleraangeleenthede kan na repeaters@sarl.org.za gestuur word. Ons sien uit daarna of van u te hoor!

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteit vir die week laag is. Sonvlek 1 393 het 'n "beta-gamma" magnetiese veld wat genoeg energie vir 'n M-klas fakkel huisves.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings doen, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week ongeveer 73.

20 tot 10 m gaan pret wees met verskeie openinge gedurende die verloop van die dag. Die hoër bande sal tipies eerste oopmaak om dan later deur die laer bande
gevolg te word.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

Vandag15 Januarie - Laaste dag vir indiening van voorgestelde aanbiedings vir 20 tot 22 Januarie - PEARS se BHF/UHF-kompetisie.
21 Januarie – BHF/UHF/Mikrogolf beplanningsvergadering te NARS.
31 Januarie - Laaste dag vir insending van nominasies vir SARL-Raadslede en mosies vir die SARL se AJV in 2012.
31 Januarie - Sluitingsdatum vir insending van voorgestelde verhandelings vir SA AMSAT se Ruimtesimposium aan saamsat@intekom.co.za.

Onthou, u kan steeds nominasies instuur vir die SARL-toekennings wat gedoen sal word tydens die galadinee wat ook gedurende die naweek met die 2012 SARL-AJV sal plaasvind. Stuur nominasies aan secretary@sarl.org.za.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 17:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Gustav, ZS6BWN.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Ten einde u inskrywing op hierdie subskripsielys te verander of dit daarvan te verwyder, gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003